La Scala

Teatro alla Scala, of kortweg La Scala

La Scala (amptelike Italiaanse naam Teatro alla Scala) is 'n operahuis wat in Milaan, Italië, geleë is. Die teater is op 3 Augustus 1778 in gebruik geneem en het oorspronklik as die Nuovo Regio Ducale Teatro alla Scala (af: "Nuwe Koninklik-Hertogse Teater van Scala") bekend gestaan. Die eerste uitvoering gehou was Antonio Salieri se Europa riconosciuta.

Die meeste van Italië se grootste operakunstenaars en die mees uitgelese sangers van regoor die wêreld het al by La Scala opgetree. Die teater word beskou as een van die voorste opera- en balletteaters in die wêreld, en is die tuiste van die La Scala Teater-Koor, La Scala Teater-ballet en La Scala Teater-orkes. Die teater beskik ook oor 'n geassosieerde skool – bekend as die La Scala Teater-akademie – (it: Accademia Teatro alla Scala) wat professionele opleiding in musiek, verhoogkuns en verhoogbestuur aanbied.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search